Thula-thula (afr) by Annelie Botes
Author:Annelie Botes [Botes, Annelie]
Language: eng
Format: epub
Published: 0101-01-01T00:00:00+00:00
ma sê jy doen lelike goed!”
“Is nie lelik nie! My pa sê ek het die mooiste poesietjie in die wêreld. Hy lek my brandplekke gesond.
Hy sê spoeg is die heel beste salf.”
Sy het die pop neergegooi en uitgehardloop, want dit het verkeerd gevoel. En sy was bang haar mond
vertel vanself oor goeters soos towersalf. Van toe af het sy niks van Andrea gehou nie.
Haar ma het haar skool toe geneem en gewys waar is haar klas. Van al die ma’s was háár ma die
mooiste aangetrek. Pêreloorbelle en ’n handsak wat pas by die oorbelle. Haar juffrou was Juffrou Robin.
Sy het nie vir Juffrou Robin goed geken nie, want sy het nie tennis gespeel nie en het na die Engelse kerk
toe gegaan. Maar Juffrou Robin was Anthonie se sub A-juffrou en sy het uit-ste-kend langs sy goue
sterretjies geskryf.
Daar was ham en tamatie op haar pousebrood. Die swartpeper se fyn stippeltjies het aan die tamatie
vasgesit.
Ná pouse het hulle op die mat gesit en na die Sewe Bokkies geluister. Daar was blourooi spataartjies
om Juffrou Robin se enkels. Hoe oud moet mens wees voor jy spatare kry? Gelukkig het haar pa en ma nie
spatare nie.
In standerd vier het sy by die dorpsbiblioteek aangesluit en Mister Williston leer ken. Toe sy hom die
eerste keer sien, het hy haar aan Petrus van die Bybel laat dink. Woensdae in staptyd het sy in die
biblioteek gesit. Sy wou nie alleen in die dorp drentel nie, en ook nie na Andrea se huis toe gaan nie,
want sy wou nie alleen by Andrea wees nie. Buitendien, die een keer toe sy daar was, het die huis haar
benoud gemaak. Spokerig, muf. Gordyne toegetrek. Andrea se ma het anders gelyk as die gawe tombola-
tannie, of as by die tennis, asof dit nie dieselfde mens is nie, en haar maag het hard gewerk.
Dit was sleg.
Die biblioteek is lekker. Daar is tydskrifte en koerante; dit ruik na meubelolie en papier. Sy gril nie vir
Mister Williston nie. En niemand práát nie. Niemand verwag jy´moet praat nie. Eendag as sy klaar is met
skool en sy het te min geld vir ’n turksvyplaas, gaan sy ’n bibliotekaresse word. Omdat dit ’n werk is
waar mens min hoef te praat.
Mister Williston het haar geleer boeke sorteer en wegpak. Dís hoe sy afgekom het op die Kwakerboek.
Hy het toegelaat dat sy die grootmensboek uitneem. Steek dit onder haar koshuismatras weg, vat dit die
naweek huis toe. Die geluk was aan haar kant: Abel het vergeet om sy kantoor te sluit in tennistyd.
Fotostateer die boek. Vat die ponsmasjientjie en leggerplaatjies en neem dit saam met die fotostate
kliphuis toe in ’n winkelsak, sodat dit nie natreën nie. Dit was ’n Engelse boek, en sy het gesukkel met die
woorde.
Die volgende naweek steel sy haar ma se tweetalige woordeboek en neem dit ook kliphuis toe. Sy hét
’n tweetalige woordeboek wat Tannie Lyla vir haar gebring het, maar dis in haar toesluitkassie in die
koshuis se studiesaal. Dit moet daar bly, want sy is die enigste standerdvierkind met ’n tweetalige
woordeboek. Dit laat haar belangrik voel.
Daar was ’n allemintige palawer toe haar ma die woordeboek soek vir blokraaisels invul.
Download
This site does not store any files on its server. We only index and link to content provided by other sites. Please contact the content providers to delete copyright contents if any and email us, we'll remove relevant links or contents immediately.
Red by Erica Spindler(12546)
Crooked Kingdom: Book 2 (Six of Crows) by Bardugo Leigh(12292)
Twisted Palace by Erin Watt(11131)
Mindhunter: Inside the FBI's Elite Serial Crime Unit by John E. Douglas & Mark Olshaker(9298)
Fangirl by Rainbow Rowell(9213)
Never let me go by Kazuo Ishiguro(8849)
All the Light We Cannot See: A Novel by Anthony Doerr(8474)
A Man Called Ove: A Novel by Fredrik Backman(8415)
The Lover by Duras Marguerite(7876)
Confessions of an Ugly Stepsister by Gregory Maguire(7862)
Little Fires Everywhere by Celeste Ng(7170)
The Vegetarian by Han Kang(6274)
To All the Boys I've Loved Before by Jenny Han(5830)
The Shadow Of The Wind by Carlos Ruiz Zafón(5676)
On the Yard (New York Review Books Classics) by Braly Malcolm(5519)
Keepsake: True North #2 by Sarina Bowen(5405)
Dancing After Hours by Andre Dubus(5269)
Ken Follett - World without end by Ken Follett(4705)
The Perks of Being a Wallflower by Stephen Chbosky(4626)